 {"id":9200,"date":"2022-11-14T06:49:35","date_gmt":"2022-11-14T06:49:35","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=9200"},"modified":"2022-11-14T06:49:35","modified_gmt":"2022-11-14T06:49:35","slug":"feba-sa-maak-geskiedenis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/feba-sa-maak-geskiedenis\/","title":{"rendered":"FEBA SA maak geskiedenis!"},"content":{"rendered":"<p>Vir die eerste keer in FEBC se 77-jaar bestaan is ons internasionale konferensie in Afrika gehou, in Kaapstad. FEBA Radio Suid-Afrika se nasionale direkteur, Dr Jurie Vermeulen, en sy span was verantwoordelik vir al die re\u00eblings, en ons prys die Here dat die suksesvolle konferensie nog baie lank onthou sal word. Selfs die berugte Kaapstad-weer het saamgespeel en ons internasionale gaste met lieflike sonskyndae bederf!<\/p>\n<p>Leiers van regoor die w\u00eareld het vergader om te praat oor vordering wat gemaak is met die vier kritiese prioriteite waarmee FEBC die toekoms wil ingaan. Di\u00e9 prioriteite sluit in aspekte soos innovasie, goeie bestuur en leierskapontwikkeling. Ons leiers is bewus daarvan dat nuwe leiers toegerus en voorberei moet word vir die toekoms \u2013 mans en vrouens wat die verantwoordelikheid sal kan dra en God se leiding ten alle koste sal volg. Daar is immers nog miljarde mense wat desperaat is om die goeie nuus van Christus te hoor en verstaan. \u2018n Spesiale tyd is ingeruim om te bid vir diegene \u2013 u en ander vennote regoor die w\u00eareld \u2013 wat besluit het om met FEBA en FEBC saam te span en hierdie bediening te groei sodat die evangelie van Christus verkondig kan word.<\/p>\n<p>Daar was darem tyd vir ontspanning ook. Dr Jurie Vermeulen het \u2018n goed-beplande program ingesluit wat die uiteenlopende groep leiers toegelaat het om Suid-Afrikaanse kultuur op sy beste te sien. Die leiers getuig almal van die vriendelike verwelkoming wat hulle in Suid-Afrika ontvang het, asook die gesellige atmosfeer wat deurgaans geheers het. Alhoewel daar hindernisse was ten opsigte van taal, is hulle maklik oorkom.<\/p>\n<p>\u201c&#8230;<em>Eduard van die Oekra\u00efne en Oleg van Rusland was soos broers&#8230;\u201d<\/em><\/p>\n<p>Die broederlike liefde tussen Eduard van die Oekra\u00efne en Oleg van Rusland het harte gevul met hoop vir vrede. Al is die twee lande in oorlog met mekaar gewikkel, is hul mense nie. Di\u00e9 broederlike liefde het ook gestrek na die leiers uit onder andere Kirgisi\u00eb, Mongoli\u00eb, Australi\u00eb, die Filippyne, Kanada, Amerika, Pakistan, Indi\u00eb, Kasakstan, Nieu-Seeland, Engeland, Suid-Afrika, Tsjad, Mosambiek en Malawi, wat by die konferensie teenwoordig was.<\/p>\n<p>Die laaste dag van die konferensie het gans te vinnig aangebreek. Sommige bywoners moes onmiddellik huiswaarts keer, terwyl ander \u2018n bietjie langer kon bly en die pragtige Kaapse Skiereiland verder verken. \u2018n Paar leiers het Sondagoggend deelgeneem aan \u2018n diens by Church on the Rise (AGS) Bloubergstrand, gelei deur Dr Jurie Vermeulen. Die gemeente was verras en met vreugde vervul deur die getuienisse van FEBC se leierskap en die werk wat hulle doen om God se koninkryk in hul onderskeie lande uit te brei.<\/p>\n<p>Die hele FEBA- en FEBC-familie is u ewig dankbaar vir u ondersteuning!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vir die eerste keer in FEBC se 77-jaar bestaan is ons internasionale konferensie in Afrika gehou, in Kaapstad. FEBA Radio Suid-Afrika se nasionale direkteur, Dr Jurie Vermeulen, en sy span [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":9197,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[64],"tags":[],"class_list":["post-9200","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-stories-en-getuienisse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9200","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=9200"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9200\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":9201,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9200\/revisions\/9201"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/9197"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=9200"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=9200"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=9200"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}