 {"id":9469,"date":"2023-02-15T11:27:52","date_gmt":"2023-02-15T11:27:52","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=9469"},"modified":"2023-02-15T11:27:52","modified_gmt":"2023-02-15T11:27:52","slug":"alle-tipes-geloof-is-nie-gelyk-nie-deel-4","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/alle-tipes-geloof-is-nie-gelyk-nie-deel-4\/","title":{"rendered":"Alle tipes geloof is nie gelyk nie! (Deel 4)"},"content":{"rendered":"<p>In vorige blogs het ons gekyk na die betekenis agter die vervloeking van die vyeboom. In deel twee, aan die hand van Markus 11, het ons gesien dat gebed die verlede, hede en toekoms omvat, en in deel drie het ons geleer dat gebed \u2018n tydlose, ewige sone is waar kommunikasie met God plaasvind teen die spoed van gees of gedagte \u2013 onmiddellik. In deel vier gaan ons sien dat dit wat ons \u201cgeloof\u201d noem, nie noodwendig altyd ware geloof is nie.<\/p>\n<p>Eerstens is daar \u2018n <em>ongegronde oortuiging<\/em> wat ons dikwels \u201cgeloof\u201d noem, wat eintlik suiwer menslik in oorsprong is. Ons oortuig onsself dat wat ons glo \u2018n getroue weerkaatsing van die werklikheid is, soos ware geloof immers is. Di\u00e9 kategorie van \u201cgeloof\u201d sluit in al die vreemde, ongegronde oortuigings wat ons in die w\u00eareld vind, bv. dat die aarde plat is, dat demone uitdryf word deur die naam van \u2018n heilige sewe maal te s\u00ea, dat Jesus na Amerika gereis het nadat Hy in Jerusalem uit die graf opgestaan het (Mormone) en, die vreemdste een van almal, dat die heelal spontaan vanuit niks ontstaan het en deur niemand ontwerp is nie! Hierdie tipe \u201cgeloof\u201d is blote opinie wat op ideologie en filosofie gebaseer is en nie op verifieerbare feite nie.<\/p>\n<p>\u2018n Ander soort oortuiging wat gereeld \u201cgeloof\u201d genoem word, is nader aan die Waarheid en lei dikwels tot <em>reddende geloof<\/em>. Dit is \u2018n algemene, vae, onseker tipe \u201cgeloof\u201d \u2013 dis eintlik nader aan hoop, en die gemiddelde kerk het gewoonlik \u2018n hele groep lede wat in hierdie kategorie val. Hulle <em>hoop <\/em>dat God werklik bestaan, maar hulle is glad nie seker nie. As jy vir hulle die tipiese EE3 evangelisasie-vraag sou vra \u2013 \u201cAs jy vanaand sterf, sal jy saam met God in die hemel wees?\u201d \u2013 raak dit duidelik dat hulle nie seker is van hul saligheid nie. Hierdie \u201cgeloof\u201d is \u2018n tree nader aan ware geloof as bv. agnostisisme en motiveer mense dikwels om God te soek ten einde sekerheid te bekom. Hulle is die \u201csoekers\u201d wat steeds baie meer twyfel as sekerheid oor God se bestaan het, en is geneig om in vae terme na God verwys \u2013 \u201cVoorsienigheid,\u201d \u201cdie man daarbo,\u201d \u201cdie noodlot,\u201d ens. Meeste van ons vorm deel van daardie kategorie wanneer ons met ons geestesreis begin.<\/p>\n<p>Die derde kategorie verteenwoordig ware, <em>reddende geloof<\/em> \u2013 dis <em>gegrond op die feite van die evangelie <\/em>en sluit gewoonlik in \u2018n persoonlike ervaring van transformasie wat skielik of geleidelik plaasgevind het. Dis gereeld die gevolg daarvan dat iemand na God begin gesoek het of op \u2018n betekenisvolle manier aan die evangelie blootgestel is. Anders as die vorige twee kategorie\u00eb, vind hierdie geloof sy oorsprong in God en nie in die mens nie. In Ef. 2:8-9 beskryf Paulus dit as volg: <em>\u201cWant uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.\u201d<\/em> Reddende geloof verbind ons aan God deur Sy Gees. Dis gebou op geestelike openbaring en verskil kwalitatief van hoop, opinie, filosofie of godsdienstigheid. Wanneer die Gees reddende geloof aan iemand gee, verander hy die ontvanger se hart en denke sodat hulle op \u2018n bonatuurlike manier verstaan dat \u201cgeloof\u201d nie \u2018n onseker sprong in die duister is nie, maar eerder \u2018n stewige staan op die soliede Rots van die ewige evangelie. Hierdie \u201cgeskenk\u201d verander die individu se lewe eens en vir altyd, en neem hulle vanuit die koninkryk van duisternis na Christus se wonderbare lig. Hulle is die \u201cheiliges\u201d en die \u201ckinders van God\u201d waaruit die kerk van die God bestaan.<\/p>\n<p>Die vierde tipe geloof wat ek wil noem, is die soort wat ons in dele twee en drie van hierdie geloof-reeks bespreek het, nl. <em>geloof sonder twyfel, <\/em>of <em>mosterdsaad-geloof. <\/em>Dis die mees ontwikkelde vorm van geloof, want dis meestal vry van ons menslike onvolwassenheid, twyfel en strewe. Ons eie menslike harte kan dit nie produseer nie, want dit word gebore uit goddelike openbaring. Dis nie \u201cgroot geloof\u201d nie maar \u2018n sekere <em>kwaliteit<\/em> van geloof &#8211; geloof sonder twyfel. Dis die suiwerste vorm van vertroue in God moontlik aan hierdie kant van die ewigheid. Dis geloof wat effektief funksioneer in die geestelike dimensie. Dit versit berge en laat God se krag los op aarde. Dis die geloof waarin Jesus geleef het en waarvan Heb. 11:1 praat: <em>\u201cOm te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.\u201d<\/em> Mosterdsaad-geloof sluit in al die sinonieme vir <em>sekerheid<\/em> wat in die woordeboek te vinde is!<\/p>\n<p>Ek vertrou dat jy hierdie geloofsreis sover saam met my geniet het.<\/p>\n<p>Mag God jou ryklik se\u00ebn.<\/p>\n<p>Dr Jurie Vermeulen<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In vorige blogs het ons gekyk na die betekenis agter die vervloeking van die vyeboom. In deel twee, aan die hand van Markus 11, het ons gesien dat gebed die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":9392,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[66,55],"tags":[],"class_list":["post-9469","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blog-afr","category-van-die-direkteur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9469","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=9469"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9469\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":9471,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9469\/revisions\/9471"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/9392"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=9469"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=9469"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=9469"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}