 {"id":9557,"date":"2023-03-16T12:39:35","date_gmt":"2023-03-16T12:39:35","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=9557"},"modified":"2023-03-16T12:39:35","modified_gmt":"2023-03-16T12:39:35","slug":"god-se-goedheid-in-vietnam","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/god-se-goedheid-in-vietnam\/","title":{"rendered":"God se Goedheid in Vi\u00ebtnam"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: center;\"><em>\u201cEk wil julle uit die diepte van my hart bedank vir die radio wat julle aan my gegee het. Ek is baie dankbaar dat ek nou elke dag na God se woord kan luister.\u201d \u2013 Thien \u2013 Vi\u00ebtnam<\/em><\/p>\n<p>In April 1951 is die eerste vergadering tussen FEBA en die Evangeliese Kerk van Vi\u00ebtnam gehou en die onderwerp onder bespreking was die byvoeging van \u2018n Vi\u00ebtnamese uitsending skedule tot FEBA se bestaande program. \u2018n Jaar later is die eerste Vi\u00ebtnamese radioprogram vanaf Manila uitgesaai as \u201cVien Dong Radio\u201d, met boodskappe wat in Vi\u00ebtnamees opgeneem is. In 1966 het die eerste Vi\u00ebtnamese persoon by die FEBA-personeel in Manila aangesluit, gevolg deur nog drie in 1969. Teen 1974 het daar \u2018n span voltydse personeel en vrywilligers in Vi\u00ebtnam gewerk.<\/p>\n<p>Toe Noord-Vi\u00ebtnam egter die Suide oorneem, is die Vi\u00ebtnamese personeel ontruim en Amerika toe verplaas. In 1975 het FEBA VSA in La Mirada \u2018n FEBC Vi\u00ebtnamese Departement gestig, en sedertdien word daar ononderbroke na Vi\u00ebtnam toe uitgesaai. Vanaf 2008 tot op hede word Christelike programme in beide Vi\u00ebtnam en ander lande vervaardig vir die mense in Vi\u00ebtnam.<\/p>\n<p>Vi\u00ebtnamese programme wat 100% evangelisties van aard is, word meestal in La Mirada (VSA) vervaardig en dan vir \u2018n uur en \u2018n half per dag deur kortgolf-uitsendings vanuit Manila uitgesaai.<\/p>\n<p>As gevolg van die swaar Christen-vervolging uit die Noorde van die land, is luistertoestelle met gehuekaarte \u00a0of IUMT (Internet Uitsendings via Mobiele Toestelle) noodsaaklik om die Goeie Nuus van Christus aan te hou versprei. Die Vi\u00ebtnamese span het ook SD-kaarte vir selfone ontwikkel wat geprogrammeer is met sowat 120 uur se Christelike boodskappe.<\/p>\n<p>Ten spyte van die vervolging wat Vi\u00ebtnamese Christene ervaar, ontvang FEBA jaarliks steeds duisende getuienisse van God se goedheid teenoor Sy mense, en hoe die uitsendings hulle elke dag se\u00ebn.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hier is slegs \u2018n paar van die getuienisse wat ons onlangs ontvang het:<strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><strong>Hart-tot-Hart \u2013 Van Ate\u00efs Kuberkraker tot Christen Uitsaaier<\/strong><\/p>\n<p>Mr N was \u2018n jong Vi\u00ebtnamese man in Ho Chi Minh-stad. Hy was \u2018n bekwame kuberkraker en het rekenaarspeletjies ontwerp. Alhoewel sy gesin Boeddhisties was, het hy homself as \u2018n ate\u00efs beskou. \u2018n Vriend gee eendag vir hom \u2018n luistertoestel met \u2018n oudio-Bybel op en die eerste ding wat Mr N daarop hoor, is vir hom heeltemal nuut: \u201cIn die begin het God die hemel en die aarde geskep.\u201d<\/p>\n<p>Vir die volgende twee jaar luister hy na FEBC se programme, op soek na die waarheid. Iemand gee vir hom \u2018n Bybel en hy begin kerk bywoon saam met sy vriend, wat later daartoe lei dat hy bid om Christus te ontvang, \u2018n daad wat sy lewe verander. \u201cEk was besig om in \u2018n nuwe persoon te verander,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p>Met behulp van die luistertoestel getuig\u00a0 Mr N teenoor sy ma, broers en susters, en goeie vriende van dit wat hy gevind het, en hulle almal kom tot bekering.<\/p>\n<p>Mr N was tot op daardie stadium \u2018n suksesvolle programmeerder, maar hy wou sy vaardighede gebruik om Jesus met ander te deel. Uiteindelik het hy aangesluit by ons tegniese span in Vi\u00ebtnam \u2013 teen baie laer vergoeding!<\/p>\n<p>Hoekom? wil mense weet, waarop hy antwoord, \u201cDie werk hier het ewigheidswaarde.\u201d<\/p>\n<p>*Naam verduister om veiligheidsredes.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><strong>Van Dwelmverslaafde tot Kerkleier<\/strong><\/p>\n<p>\u201cVoordat ek God leer ken het, was ek iemand wat nie geweet het hoe om lief te h\u00ea nie,\u201d deel Mr Toua Tang. Hy was vir ses jaar lank verslaaf aan dwelms en alkohol, maar het dit volstrek ontken. \u201cAs enigiemand my probeer oortuig het ek is verslaaf, het ek so kwaad geword vir daardie persoon dat ek gevoel het ek wil hulle vermoor.\u201d<\/p>\n<p>Toe kry Mr Toua Tang \u2018n beroerte. \u201cEk kon my lyf nie roer nie. Ek het \u2018n invalide geword. Ek kon niks doen nie en was meestal bewusteloos.\u201d<\/p>\n<p>Mr Toua Tang se familie het hom Laos en Vi\u00ebtnam toe gebring. Hulle het etlike maande lank probeer om iemand te vind wat hom kon behandel. Hulle het al hul geld spandeer en selfs skuld gemaak, maar sy toestand het nie verbeter nie. Uiteindelik het hulle besluit om hom huis toe te neem.<\/p>\n<p>\u201cAl my familielede het verskillende godsdienstige rituele en metodes probeer, sonder sukses. Ek het hoop opgegee en gewag om dood te gaan,\u201d onthou Mr Toua Tang. \u201cIn daardie tyd het ek na FEBC se radioprogram begin luister. Die aanbieder het ges\u00ea dat God sondaars en siekes kan help. Selfs verlamdes kon loop. Dit laat my toe besluit om in God te glo. Nadat ek Jesus as my Verlosser aanvaar het, het ek gebid en gevra dat Hy my genees. Ek het op \u2018n wonderbaarlike manier begin versterk. Ek het selfs weer leer loop. En toe is ek volkome genees! Ek het gedink, \u2018Wow! Hierdie is die ware God! Ek wil meer van Hom weet.\u2019\u201d<\/p>\n<p>So het Mr Toua Tang besluit om na FEBC in Chiang Mai toe te gaan vir Bybelopleiding.<\/p>\n<p><strong>\u201cEk het geleer dat God die Skepper is, en Hy is liefde. God het my lewe verander. Nou dien ek God as \u2018n pastoor in my dorpie se kerk, waar ek die gemeente lei en na hulle omsien.\u201d<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Om meer mense soos Mr N en Mr Toua te help, kan jy \u2018n skenking maak deur die skakel te volg: https:\/\/www.payfast.co.za\/donate\/go\/febaradiosouthafrica<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cEk wil julle uit die diepte van my hart bedank vir die radio wat julle aan my gegee het. Ek is baie dankbaar dat ek nou elke dag na God [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":9555,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[58],"tags":[],"class_list":["post-9557","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-afr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9557","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=9557"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9557\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":9559,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9557\/revisions\/9559"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/9555"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=9557"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=9557"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=9557"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}