 {"id":9567,"date":"2023-03-16T12:49:27","date_gmt":"2023-03-16T12:49:27","guid":{"rendered":"https:\/\/febaradio.co.za\/?p=9567"},"modified":"2023-03-16T13:14:48","modified_gmt":"2023-03-16T13:14:48","slug":"hoe-verander-mosterdsaad-geloof-ons-gebede-deel-5","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/hoe-verander-mosterdsaad-geloof-ons-gebede-deel-5\/","title":{"rendered":"Hoe verander mosterdsaad geloof ons gebede? (Deel 5)"},"content":{"rendered":"<p>In die vorige blog het ons na 4 tipes geloof gekyk en gesien dat dit wat ons <em>\u201cgeloof\u201d<\/em> noem, nie noodwendig ware geloof is nie. Die 4 tipes geloof was, (1) <em>ongegronde opinies en oortuigings, (2) \u2018n algemene vermoede<\/em> of <em>hoop<\/em>, (3) <em>reddende geloof<\/em> en (4) <em>mosterdsaad geloof<\/em>. In hierdie blog wil ons kyk hoe mosterdsaad geloof ons gebedslewe sal verander. In Mt. 6 leer Jesus sy dissipels hoe om te bid: v5, <em>\u201cVerder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle&#8230;bid sodat die mense hulle kan sien\u20266\u00a0 Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe&#8230;en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.\u201d\u00a0<\/em>Die eerste eienskap van ware gebed is dat dit in die geheim plaasvind \u2013 dis tussen die bidder en die Vader. Daar\u2019s geen sug na erkenning wanneer \u2018n gebed verhoor word nie.<\/p>\n<p>In 6:7 openbaar Jesus die tweede eienskap: <em>\u201cWanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene &#8216;n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik.\u201d<\/em>\u00a0Ons almal moes al die bittereinders verduur wat net nie by \u201camen\u201d kan uitkom nie; die verhoogkunstenaars wat ons op \u2019n geestelike kragtoer wil neem met hul vindingryke beelde en analogie\u00eb, indrukwekkende woordeskat, mini preke, uitnodigings tot oorgawe, oorverdowende volumes, swaaiende arms en uitsprake van groot geloof en kragdadigheid. Volgens Jesus is dit doodgewoon \u2019n mors van asem, tyd en energie.<\/p>\n<p>Die derde eienskap in v8 is die rede hiervoor, <em>\u201c&#8230;want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.\u201d <\/em>Wat \u2019n antiklimaks, ons doen dan al hierdie moeite om God aan te spoor tot aksie! Wat is dan die doel van gebed? Wel, eenheid met God, geestelike gemeenskap, die harmoni\u00ebring van my begeertes en gedagtes met God s\u2019n, asook geestelike groei, om \u2018n paar te noem. Jy sien, mense wat mosterdsaad geloof, of geloof sonder twyfel het, bid nie om God te oortuig nie, hulle bid om hul eie wil met die van God te sinkroniseer; om God se wil te onderskei in sake en dan in eenheid saam met Hom te dink, te voel en te werk. Dis hoe Jesus gebid het in Joh. 11:41, 42 <em>&#8220;Vader, Ek dank U dat U My verhoor het.\u00a0Ek weet dat U My altyd verhoor, maar Ek s\u00ea dit ter wille van die mense wat hier rondom staan, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het.&#8221;<\/em><\/p>\n<p>En dit bring ons by die vierde eienskap wat ek wil noem; mosterdsaad geloof-gebede word oorheers deur die woordjie, <em>\u201cdankie.\u201d<\/em> Geloof sonder twyfel is oortuig dat God reeds weet, klaar gehoor het en lankal kragtig werk; vandaar Jesus se, <em>\u201cEk dank U&#8230;\u201d<\/em> Dis ook wat Jesus bedoel het in Mk, 11:24 <em>\u201c<\/em><em>Daarom s\u00ea Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.<\/em><em>\u201d <\/em>Paulus moedig ons aan om dieselfde te doen in Fil. 4:6 <em>\u201c<\/em><em>Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.<\/em><em>\u201d<\/em>\u00a0<em>\u00a0<\/em><em>\u00a0\u00a0 <\/em><\/p>\n<p>Mosterdsaad geloof-gebed het ophou kners, kerm en kla &#8211; dit s\u00ea, <em>\u201cdankie\u201d!<\/em> Ek vertrou dat jy hierdie geloofsreis sover saam met my geniet het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Mag God jou ryklik se\u00ebn.<\/p>\n<p>Dr Jurie Vermeulen<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die vorige blog het ons na 4 tipes geloof gekyk en gesien dat dit wat ons \u201cgeloof\u201d noem, nie noodwendig ware geloof is nie. Die 4 tipes geloof was, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":9571,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[66,55],"tags":[],"class_list":["post-9567","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blog-afr","category-van-die-direkteur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9567","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=9567"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9567\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":9569,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9567\/revisions\/9569"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/9571"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=9567"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=9567"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/febaradio.co.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=9567"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}