’n Nuwe vlaag aanvalle in April het die konflik in Mali weer laat opvlam, net toe mense begin uitsien het na vrede. Bid vir ’n einde aan die oorlog. Bid dat die FEBA Mali-span en -radiostasie, KanuYah FM, God se lig in die duisternis sal laat skyn en baie luisteraars aan die Vredevors bekend sal stel.