In Tsjad word vroue uit Moslemgemeenskappe, wat kies om Christus te volg, dikwels doodgemaak om te voorkom dat hulle kinders volgens die Christengeloof grootmaak. Nadat een jong vrou sonder heenkome gelaat is, het FEBA se plaaslike direkteur vir haar werk aangebied sodat sy die evangelie in Arabies kon uitsaai. Bid vir vroue in Moslemgemeenskappe, veral diegene wat Christus volg en diegene wat na Hom hunker, dat hul geloof deur FEBA se uitsendings versterk sal word en ander na die Here toe sal wys.