Event Details


Na raming het die hoeveelheid konflik reg oor die wêreld in die afgelope vyf jaar verdubbel. Die hoeveelheid gewapende konflik is die hoogste sedert die Tweede Wêreldoorlog. Vir baie mense in dié streke dien FEBA se uitsendings as ’n stem van hoop en vertroosting in die chaos. Bid dat FEBA se personeel en luisteraars in konflik-geteisterde gebiede sterk sal groei in hul geloof en die rykdom van God se genade sal ervaar.