Event Details


Prys God vir Sy voortdurende seën op FEBA Pakistan se bediening. Een luisteraar deel onlangs: “Julle het my aan ’n lewende, liefdevolle en barmhartige God bekendgestel, en my geloof sowel as my begrip van Christenskap versterk. Julle program, Ewige Lewe, het my gehelp om die ewige lewe deur Jesus Christus te ontvang.” Vra dat vele meer in Pakistan die ewige lewe deur Christus sal ontvang.