FEBC Moldowa lei influencers, oftewel meningsvormers, op om die evangelie op sosiale media te deel. Twee van hulle, Ivan en Chris, ontvang goeie terugvoer op hul videos en heelwat mense kom daardeur tot bekering. Party mense deel egter ook hul stryd met selfdoodgedagtes. Bid dat Ivan en Chris die nodige wysheid en sensitiwiteit sal ontvang om luisteraars te help.