Mustafa was ‘n alkoholis wat sy hele erflating verkwis het. Op ‘n dag het hy oor FEBA Niger se radiostasie gehoor dat Jesus kan genees. Hy het die stasie besoek en tot bekering gekom. Direkteur Godi Rabo het hom in die uitsaaiwese opgelei en vandag werk hy vir Niger se nasionale televisie-uitsaaier. Loof die Here vir Sy genade en genesing!