Event Details


Die burgeroorlog in Soedan het, volgens die VN, “die wêreld se ergste humanitêre krisis” veroorsaak. Miljoene mense is ontheem en ‘n menigte het gevlug na die gebied waar FEBA Soedan se Living Hope Radio nou uitsaai. Bid dat FEBA Soedan se programme ’n saad van lewende hoop in luisteraars se harte sal plant.