Vandag is Wêreld Geestesgesondheidsdag. Luisteraars van alle ouderdomme kontak FEBA Oekraïne en FEBA Rusland op soek na hulp vir hul vrees, angs en depressie. FEBA deel dan met hulle die grootste bron van hoop en genesing: die evangelie. Bid dat hierdie luisteraars hul geloof in Christus sal plaas en hulle hoop en krag in Hom sal vind.