Om ‘n Christen op die platteland te wees in Niger, kan verskriklike gevolge hê. In stedelike gebiede is mense meer gewillig om die evangelie te hoor en selfs te aanvaar, maar net in die geheim, sodat hul families hulle nie verstoot nie. Bid dat FEBA Niger die evangelie met vrymoedigheid sal deel en krag sal ontvang om vervolgde gelowiges te ondersteun.