Event Details


’n Pastoor in China het onlangs gedeel dat goeie kerkleiers skaars is in sy land, maar dat FEBA China se Liangyou Teologiese Kweekskool help om die leemte te vul. Die LTK lei al vir meer as 40 jaar kerkleiers op – aanvanklik deur radio-uitsendings en nou deur (gratis) aanlynkursusse. Die LTK het 20 000 ingeskrewe studente en meer as 4 000 gegradueerdes. Bid dat die LTK se studente ’n diep begrip van God se Woord sal kry en sterk leiers in die kerk sal word.