Bid asseblief vir Natalia, een van ons luisteraars in Rusland. Sy het gedurende ‘n persoonlike krisis FEBC se programme begin luister en die Bybel meer aandagtig begin lees. Sy het die span vertel dat God se Woord vir haar meer persoonlik en betekenisvol geword het. Bid dat die Here haar tot geloof in Christus en na ‘n kerkgemeenskap sal lei.