Bid vir Direkteur Shahzad en die FEBA Pakistan-span, wat getrou werk om verhoudings met luisteraars te bou, misverstande oor Christenskap op te klaar, en ’n voorbeeld te stel deur uit te reik na mense aan die rand van die samelewing. Bid vir die span se veiligheid en gesondheid, asook vir vrymoedigheid om elke geleentheid vir evangelisasie te benut.