n Mens se erfenis kan n bron van trots wees, maar in baie gevalle veroorsaak dit ook vervolging. Baie FEBC-luisteraars in Afrika en Suidoos-Asië is deur etniese konflik ontwortel. Bid dat FEBC se programme eenheid en vrede deur die evangelie sal bevorder en dat luisteraars as vredemakers in hul gemeenskappe sal dien.