Het jy geweet dat meer as 1600 tale geen Bybelvertaling het nie? FEBC Internasionaal se missie is om Christus deur media aan hierdie onbereikte mensegroepe te bring. Waar ons ookal werk, stel ons sprekers van plaaslike dialekte aan om die evangelie te vertaal en met hul gemeenskappe te deel. Die oes staan reg, maar die werkers is min. Bid dat die Here mense sal stuur om FEBC in nuwe tale te help uitsaai, en dat Hy onbereikte gemeenskappe op Sy Woord sal voorberei.