Bid vir FEBC Internasionaal se uitvoerende komitee onder die leierskap van Ed Cannon. Buiten die leiding wat hulle aan die algehele organisasie bied, dien elke lid ook as ’n streeksdirekteur. Bid vir hul gesondheid en vir goeie werksverhoudings, sodat hulle eensgesind sal wees en God se wil in elke besluit sal soek.