Bid vir Nopp, die direkteur van FEBC ELSEA (Ethnic Languages of Southeast Asia) en vir sy span, wat allerhande fisiese en geestelike uitdagings verduur terwyl hulle onder etniese minderheidsgroepe in Suidoos-Asië bedien. Bid dat hulle moed sal vind in God se nabyheid en dat hul getuienis verlore siele na Hom toe sal lok.