Bid vir die FEBA-leiers wat die Leierskap Akademie hierdie week in Kambodja bywoon. Of dit nou oorlog in Oekraïne of armoede in Mosambiek is, elke leier moet sy span in uitdagende omstandighede lei. Bid vir God se wysheid waar hulle hul opvolgers oplei om die leisels oor te neem en Christus aan die wêreld te bring deur media.