FEBC Oekraïne bereik die kwesbaarste

FEBC Oekraïne bereik die kwesbaarste

In ‘n hartseer tyd van konflik, naby aan die oostelike grens tussen Rusland en die Oekraïne, poog FEBC om hoop in die harte van diegene te plaas wat deur die oorlog geraak word. FEBC saai uit in vyf streke binne hierdie konfliksone en het onlangs ‘n splinternuwe stasie in Pokrovsk gestig. Een van die pastore in dié dorp het die volgende opmerking gemaak; “Ek is so bly dat FEBC uiteindelik hier by ons is. Die mense wat oorlog, verraad en onstabiliteit op soveel vlakke ervaar het, is honger vir die waarheid. Op ‘n vreemde manier het die oorlog vir ons ‘n seën geword. So baie mense is opsoek na antwoorde.”

As gevolg van ‘n vlootbotsing tussen Rusland en die Oekraïne het die president van die Oekraïne aan die einde van 2018 ‘n krygswet in 10 streke, vir ‘n tydperk van 30 dae, afgedwing. Gedurende hierdie tyd is alle evangeliese kerke in die rebel-beheerde gebiede verbied. Dit het daartoe gelei dat FEBC hul sender moes verskuif sodat hul daardie gebiede kon bereik. Al is die krygswet net vir ‘n kort tydperk toegepas, is mense steeds bekommerd oor hul veiligheid en stabiliteit.

Meeste van die mense aan beide kante van die konflik word nie net ekonomies benadeel nie, maar word ook sielkundig en geestelik beïnvloed. Die vooruitsig van ‘n onsekere toekoms het gelei tot die styging van moord en selfmoord, honderde militêre slagoffers, alkoholisme en die misbruik van dwelms.

FEBC vertroos luisteraars deur die boodskap van hoop, wat in Jesus Christus gevind word, uit te saai. Hul doen dit deur berading te bied aan die kwesbaarste mense en hulle fokus daarop om sterk verhoudings met hul luisteraars te ontwikkel.

Tans is daar twee sendelinge wat FEBC in hierdie oorlogsone bedien. Hulle werk met benadeelde kinders. Hulle reël ook dikwels kinderkampe. Sommige van die kinders wat hierdie kampe bywoon is weeskinders en ander kom uit gesinne waar die ouers alkoholiste is. Die laaste kamp wat gehou is, was by die FEBC stasie in Shastya, waar hulle 250 kinders bedien het. Baie van die kinders wat dié kampe bywoon, gee hul lewens vir die Here.

Die mense wat in hierdie gebiede woon het u gebede baie nodig. Baie van hulle luister na FEBC om antwoorde te vind. Ons moedig u aan om ernstig te bid vir FEBC se luisteraars wat in die oorlogsone woon.


FEBC Ukraine reaches the most vulnerable

During a time of sorrow and plight on the eastern border between Russia and the Ukraine, FEBC seeks to instil hope in the hearts of those being affected by the war. FEBC broadcasts into five regions within the conflict zone and recently launched a brand new station in Pokrovsk. One of the pastors in this town made the following remark; “I am so glad FEBC is finally here. People who have experienced war, betrayal, and instability on so many levels are hungry for the truth. In a strange and painful way, the war became a blessing for us. So many people are looking for answers now.”

At the end of 2018, the president of the Ukraine imposed martial law on 10 regions for a period that lasted 30 days, following a naval conflict with Russia. During this period, all evangelical churches were outlawed in rebel-controlled areas. This led to FEBC having to relocate their transmitter so that they could reach those areas. Although the enforcement of martial law was somewhat brief, civilians remain concerned for their safety and desperately seek stability.

Most people on both sides of the conflict are not only suffering economically, but also psychologically and spiritually. The prospect of an uncertain future has led to the escalation of homicides and suicides, hundreds of military casualties, heavy drinking and drug abuse.

FEBC comforts listeners by broadcasting the message of hope that is found in Jesus Christ. They do this through counselling the most vulnerable and they focus on developing a strong relationship with their listeners.

Currently there are two missionaries serving FEBC in this war zone, who are working with disadvantaged children. They regularly organise camps for children. Some are orphans and others come from families where the parents are alcoholics. The most recent camp was held at FEBC’s station in Shastya, where they ministered to 250 children. Many of the children attending the camps give their lives to Christ.

The people in these areas are in desperate need of your prayers and many will be listening to FEBC to find answers. We urge you to continue to pray for FEBC’s listeners living in this war zone.

 

 

 

 

 

 

 

 

Tags :
Share This :

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4