Ten spyte van Covid-19, bereik Christelike radiogolwe miljoene in Kirgisië se tweede grootste stad

Kairat, ‘n 38-jarige Moslem-man, woon in Sentraal-Asië. Ons het hierdie epos van hom ontvang, Kort nadat hy vir die eerste keer na een van ons programme geluister het.

Ek besit ‘n goeie besigheid en het ‘n wonderlike familie. Jul program het egter my oë oopgemaak dat ek eintlik ‘n probleem het. Ek het grootgeword in ‘n arm huishouding. My pa was ‘n alkoholis en elkeen in die gesin het daaronder gely. Ek het daagliks hard probeer om myself te bewys, wat my maak glo het dat dit die enigste manier was hoe ek enigiets kon vermag. Ek het my doelstellings in die lewe bereik, maar ek was altyd ongelukkig. Terwyl ek na jul program geluister het, het ek dié woorde gehoor uit Joh.7:46:Nog nooit het ‘n mens gepraat soos hierdie man nie.’”

Kairat het al hoe meer begin Bybel lees. Soos wat hy een vir een deur die bladsye geblaai het, het hy besef dat liefde nie in sy rykdom gevind kon word nie.

Ek het ontdek dat ware liefde slegs in God gevind kan word. Soos die liefde van God my daagliks vervul, kan ek ook ander liefhê en dien.”

God gebruik FEBC Kirgisië op ‘n kragtige wyse om hierdie Moslem-mense in Sentraal-Asië met die lewende waters van die evangelie aan te raak. Getuienisse soos hierdie word al hoe meer gedeel, en danksy ons uitsendings het hierdie deel van die wêreld die tuiste geword van ‘n snel-groeiende, eerste generasie kerk!

Die Here is tans besig om wonderlike veranderings in Kirgisië te bring. Die FEBC-span het onlangs hul sesde radiostasie, OK FM 88.4, in die stad, Osh, gestig. Kort nadat die stasie tot stand gekom het is 500 radio’s aan die gemeenskap geskenk. Die stad bestaan uit 5.5 miljoen mense, waarvan slegs 1% Christene is. Osh is ook die tweede grootste stad in die hele land.

Weens die onstuimige politieke klimaat, het Kirgisië ‘n groot behoefte aan gebed. Nuusagentskappe het die land gedurende Oktober 2020 in die kollig geplaas nadat duisende gewelddadige betogers die parlement binnegedring het. Die rede hiervoor was die algemene indruk dat daar met die verkiesinguitslae gekonkel was. Die stad, Bischek, was in ‘n ramptoestand en anargie gedompel.

Kirgisiërs se grootste behoefte bly steeds die liefde en hoop wat in Jesus Christus gevind kan word. Dit is waarom ons, saam met ons vennote, ons bes doen om mense soos Kairat toegang tot die Woord van God te gee en tot bekering roep.

Ons span in Kirgisië oorkom daagliks enorme uitdagings in hul poging om toe te sien dat die boodskap van die lewende evangelie die harte van mense vul en hul omstandighede verander. Ten spyte van die regering se grendelstaatregulasies, kon ons span hul daaglikse aktiwiteite voortsit. Die uitsendings bereik reeds tallose gesinne; mense wat vir die eerste keer kennis maak met die Lewende Hoop, voortgedra deur die radiogolwe.


Despite global pandemic, Christian broadcasts fill the second largest city in Kyrgyzstan!

Kairat, is a 38-year-old Muslim man living in Central Asia. He recently sent us an email after hearing one of our radio programs for the first time.

I have a good business and a good family. But your broadcast opened my eyes to my problem. I grew up in a poor family. My father was an alcoholic, and due to his heavy drinking, we all suffered. My shame meant that I always had to prove myself and I would have everything I wanted. I achieved my goals, but I was still very unhappy. Then I listened to your broadcast and heard this verse from John 7:46: ‘No man ever spoke like this Man!’”

As Kairut continued to read the scriptures, he discovered that love, not wealth, was missing in his life.

I discovered, that true love is in God. Now I allow God’s love to fill me so that I can love and serve others.”

Testimonies like these are increasing as God powerfully continues to use FEBC Kyrgyzstan to provide hope and life-giving broadcasts to these people in Central Asia, a predominantly Muslim territory. Because of God’s mighty work through our radio ministry, Kyrgyzstan is now home to a first-generation church!

God is busy moving in Kyrgyzstan like never before. Our team recently launched their 6th station, OK FM 88.4 which is now on-air in the city of Osh. In addition to the launching of the station, 500 radios were distributed within the community. With a population of 5.5 million people, 75% are Muslim and only 1% are Christian. The second largest city in the country is now being reached by the gospel!

Prayer is also needed for Kyrgyzstan as their political situation remains fragile. In October 2020, the country made headlines when thousands of anti-government protestors and vigilante groups stormed the main political building in response to what many believe was a rigged election. In those moments, the city of Bishkek descended into a state of chaos and anarchy.

Yet, despite the turmoil, their greatest need remains the love and hope that only Jesus Christ can provide. Together, we are making a difference by providing people like Kairat with access to the Word of God, bringing him and thousands like him, one step closer to salvation.

It was a challenging process for our team to launch this new station, given the restrictions imposed by the lock-down. However, our team continued to pursue the vision and are now filling the hearts of this nation with life-giving messages that are changing lives. Our broadcasts are reaching into the homes of millions of Muslims and atheists; people who had no previous knowledge or connection with Christianity!