Die nagevolge van sikloon Idai in Mosambiek

Op 14 Maart, na ‘n paar dae se hewige reën, het die tropiese sikloon, Idai, Mosambiek naby die kusstad van Beira getref. Tot op datum is hierdie die sterkste sikloon wat in die Suidelike Halfrond aangeteken is. Baie mense se lewens in dele van Mosambiek, Malawi en Zimbabwe is deur die storm verwoes.

Op grond van verskeie verslae deur plaaslike en internasionale nuusagentskappe, is byna een miljoen mense verplaas, vasgevang in afgesonderde gebiede of beseer. Gesondheidswerkers waarsku dat gevalle van cholera, malaria en respiratoriese siektes waarskynlik sal toeneem, as gevolg van die swak lewensomstandighede wat deur die storm veroorsaak is. Die skade aan landbougewasse, wat in die komende dae tot wydverspreide hongersnood kan lei, is ook ‘n groot bekommernis.

Mnr Celso Correira, die Minister van Grond en Landelike Ontwikkeling van Mosambiek, het bevestig dat die dodetal tans op meer as 700 staan. Plaaslike noodlenigingspanne poog om slagoffers wat verplaas of beseer is, te help.

Volgens FEBA se stasiebestuurder by Radio FOT (Fountain of Truth), mnr Bright Sonjera, was daar plaaslike vloede binne ‘n 100km radius vanaf ons twee stasies in die Niassa provinsie, maar nie op dieselfde skaal as in Beira nie.

Radio FOT het ‘n boodskap van solidariteit aan slagoffers, uitgesaai. Hulle bestuur ook ‘n veldtog wat noodvoorraad insamel, wat aan die mense in Cuamba, Majuni en Mecanhelas uitgedeel sal word. Deur hierdie inisiatief, hoop Radio FOT om hul luisteraars aan te moedig om in God te vertrou en nie op hul omstandighede te fokus nie.


The aftermath of cyclone Idai in Mozambique

On 14 March after several days of heavy rain, tropical cyclone Idai made landfall in Mozambique near the coastal city of Beira. The storm that devastated the lives of people in parts of Mozambique, Malawi and Zimbabwe is the strongest cyclone recorded in the Southern Hemisphere.

Based on several reports from local and international news agencies, nearly one million people were either displaced, trapped in isolated areas or injured. As a result of poor living conditions caused by the storm, health professionals warn that cases of cholera, malaria and respiratory diseases are likely to rise. The destruction of crops throughout the country may also lead to widespread hunger in the days to come.

According to Mr Celso Correira the Minister of Land, Environmental and Rural Development of Mozambique, the death toll has officially exceeded 700. Efforts are currently being made by local relief teams to assist victims who are injured or displaced. In an update received from FEBA’s station manager at Radio FOT, Mr Bright Sonjera, localised flooding did occur within a 100km radius of our two stations in the Niassa province but not on the same scale as in Beira.

Radio FOT (Fountain of Truth) broadcasted a message to express their solidarity with the victims. They are also running a campaign to gather emergency supplies for distribution in Cuamba, Majuni and Mecanhelas. Through this initiative Radio FOT hopes to encourage listeners to trust in God and not to focus on their circumstances.