Listener Responses from India

Listener Responses from India

With over 1.2 billion people, India is home to the largest number of unreached people in the world (2201 unreached people groups). India is 80% Hindu, but still has the world’s third largest Muslim population after Indonesia and Pakistan.

The radio ministry in India originated in the 1950’s. FEBA India can be heard on 5 AM stations and 1 shortwave station in India and 1 shortwave station in Sri Lanka. Program presenters follow up with listeners and those seeking to know more about Christ. They correspond by phone, SMS or letters. FEBA India receives about 1 500 listener responses monthly!

We’re so encouraged by the listener responses we receive every day at FEBC/FEBA, and we want you to be encouraged too. Here are two men from India who shared their stories of how FEBA’s broadcasts changed their lives:

I come from a very poor family. As my parents could not finance my education, I was forced to seek employment at an early age and ended up as a painter. At nineteen years of age, while painting a building, my foot slipped and I fell. It was so serious, it left me with a fractured hip. So for the past twenty years now, I have been totally paralysed from the hip down.

Radio has always been my intimate friend. I always keep a radio by my side. I started listening to FEBA and their programs and understand that Jesus is the true God. It has been six years now since I received Jesus as my personal Saviour. Having no regular income and being unable to move, it is difficult for me to earn a living. I needed a wheelchair. This has helped me find work. I paint, write signboards and make banners. I’m very thankful for your broadcast for giving me the opportunity to know and invite Jesus into my heart.

Another listener writes: “I’m a carpenter and I run a small furniture shop. My brother is a goldsmith and he works from home. We enjoy listening to the radio while we work. Your program has attracted our attention a lot, as they are different from others on the radio. We have applied many of the valuable lessons you have taught on inner healing, anger management and forgiveness. Your correspondence team has kept in touch with us and invited us to a listeners meeting, which we were glad to attend even though we had to take a day off from our work.

 

Terugvoer vanaf luisteraars uit Indië

Met meer as 1,2 miljard mense, is Indië die tuiste van die grootste aantal onbereikte mense in die wêreld (2201 onbereikte mensegroepe). Indië se populasie is 80% Hindoe, maar het steeds die wêreld se derde grootste Moslembevolking naas Indonesië en Pakistan.

Die radio-bediening in Indië het in die 1950’s begin. FEBA Indië kan gehoor word op 5 AM stasies en 1 kortgolf stasie in Indië en 1 kortgolf stasie in Sri Lanka. Die FEBA span volg gereeld die luisteraars op en korrespondeer met diegene wat meer oor Christus wil weet. Luisteraars kommunikeer telefonies met die span, of per sms of deur aan die stasie te skryf. FEBA Indië ontvang ongeveer 1 500 luisteraars se terugvoer per maand!

Ons word so bemoedig deur die luisteraarsterugvoer wat ons hier by FEBC/FEBA elke dag ontvang, en ons wil graag hê u moet ook daardeur bemoedig word. Hier is twee mans vanuit Indië wat hul stories van hoe FEBA se uitsendings hul lewens verander het, met ons deel:

Ek kom uit ʼn baie arm familie. Aangesien my ouers nie my skoolopleiding kon bekostig nie, moes ek vroeg in my lewe werk soek en het uiteindelik ʼn verwer geword. Op negentienjarige ouderdom, terwyl ek besig was om ʼn gebou te verf, het my voet gegly en toe val ek. Ek was ernstig beseer, ek het my heup gebreek. So vir die afgelope twintig jaar al, is ek heeltemal van my heup af ondertoe verlam.

Radio was nog altyd my beste vriend. Ek hou altyd ʼn radio naby my. Ek het begin om na FEBA en hul programme te luister en ek verstaan ​​dat Jesus die ware God is. Dit is al ses jaar sedert ek Jesus as my persoonlike Verlosser aanvaar het. Omdat ek nie ʼn standvastige inkomste gehad het nie, en nie regtig veel kan beweeg nie, was dit vir my moeilik om vir myself te voorsien. Ek het ʼn rolstoel nodig gehad. Dit het my gehelp om werk te kry. Nou kan ek verf, naamborde skryf en baniere maak. Ek is baie dankbaar vir jul uitsendings en die geleentheid om van Jesus te leer.

ʼn Ander luisteraar skryf: “Ek is ʼn timmerman en ek bestuur ʼn klein meubelwinkel. My broer is ʼn goudsmid en hy werk van die huis af. Ons geniet dit om na die radio te luister terwyl ons werk. Jul programme het ons aandag gelok, aangesien dit heelwat anders is as die ander programme op die radio. Ons het baie van die waardevolle lesse wat jul oor innerlike genesing, woedebestuur en vergifnis geleer het, toegepas. Jul korrespondensiespan het met ons kontak gemaak en ons na ʼn luisteraarsbyeenkoms genooi. Dit was vir ons lekker om dit by te woon, al moes ons ʼn dag by die werk afneem.”

 

Tags :
Share This :

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4