Listener jumps for joy

Amalia* grew up in a devout Muslim home in Indonesia – home to about 260 million Muslims.

The first time Amalia heard the gospel on a FEBC broadcast, she knew it didn’t align with the Muslim beliefs of her family. However, that didn’t stop Amalia’s curiosity from growing. From that point on, Amalia continued to listen to FEBC broadcasts at the houses of friends who had radios. Slowly, Amalia began to understand the truth of the gospel and eventually she surrendered her life to Jesus.

For her 16th birthday, Amalia’s family gave her a radio. When she received the radio, tears of joy ran down Amalia’s cheeks. Though her parents did not realize it, the radio would allow Amalia to listen to FEBC broadcasts in her own home. As Amalia tries to share the gospel with her Muslim family and community, she receives daily encouragement from listening to FEBC broadcasts.

Amalia recently wrote to FEBC’s Indonesian broadcast station recounting how she had jumped for joy when she received the radio. “I can now listen to the Lord every day,” said Amalia. “This radio will change my life.”

FEBC INDONESIA

Indonesia still is the world’s largest Muslim nation and is a nation of stark contrasts, natural disasters and widespread spiritual need. It’s made up of more than 17,000 islands, where millions of people live in huge, cities, on distant islands and deep in rain forests.

Radio still remains the most effective means of reaching both the cities, as well as the many remote regions where isolated people live without hearing the Good News.

FEBC Indonesia’s station, Heartline FM, was in risk of being taken off the air, but fortunately we have just received the great news that they will broadcast the Gospel of our Lord Jesus Christ for at least five more years. Praise God!

From FEBC.org

‘n Luisteraar van Indonesië spring van vreugde toe sy ‘n radio ontvang

Amalia* het grootgeword in ‘n toegewyde Moslemhuis in Indonesië – ʼn land waar ongeveer 260 miljoen Moslems woon.

Die eerste keer wat sy die evangelie op een van FEBC se uitsendings gehoor het, het sy geweet dat dit glad nie met haar geloofsoortuigings strook nie. Dit het egter nie verhoed dat Amalia se nuuskierigheid geprikkel word nie. Amalia het voortgegaan om saam met vriende wat radio’s besit na FEBC se uitsendings te luister. Stadig maar seker het Amalia begin om die waarheid van die evangelie te verstaan en uiteindelik het sy haar lewe aan Jesus oorgegee.

Amalia se familie het vir haar ʼn radio vir haar sestiende verjaardag  gegee. Sy het die radio met trane van vreugde ontvang. Hoewel haar ouers dit nie besef het nie, kon Amalia in haar eie huis na FEBC se uitsendings luister. Amalia kry daagliks bemoediging vanuit FEBC se uitsendings terwyl sy probeer om die evangelie met haar Moslemgesin en gemeenskap te deel.

Amalia het onlangs aan FEBC Indonesië vertel hoe sy van vreugde gespring het toe sy die radio ontvang. “Ek kan nou elke dag na die Here luister,” sê Amalia. “Die radio het my lewe verander.”

FEBC INDONESIË

Indonesië het steeds die wêreld se grootste Moslembevolking, ʼn nasie van skrille kontraste, natuurrampe en wydverspreide geestelike nood. Hierdie land bestaan uit meer as 17,000 eilande, waar miljoene  mense in groot stede, verafgeleë eilande of diep in die reënwoude woon.

Radio bly steeds die mees effektiewe wyse waarop mense in beide stede, sowel as verafgeleë gebiede met die evangelie bereik kan word.

FEBC Indonesië se stasie, Heartline FM, was in gevaar om van die lug af geneem te word. Ons het egter pas die wonderlike nuus ontvang dat die regering hierdie stasie se lisensie vir ten minste nog vyf jaar verleng het. Loof die Here!

Van FEBC.org

Tags :
Share This :

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4