FEBA RADIO SA PARTNERS WITH FEBA PAKISTAN ON MEDICAL OUTREACH

FEBA RADIO SA ONDERSTEUN FEBA PAKISTAN MET MEDIESE UITREIK

Op 20 Augustus vanjaar is ʼn 1-dag mediese uitreik in Gujranwala provinsie van Pakistan aangebied. Hierdie uitreik was daarop gemik om gesondheidbewustheid te kweek en gratis mediese sorg te bied aan die armes van die plaaslike gemeenskap en aan FEBA Pakistan se luisteraars in die omgewing. Saam met die Foster Science School en Way of Jesus Kingdom Youth Ministry in Gujranwala, het FEBA Pakistan se uitreik die plaaslike gemeenskap blywend opgehef. Plaaslike nie-regeringsorganisasies en ander gemeenskapsgroepe het saam met FEBA Pakistan gewerk om met sekere van die dag se aktiwiteite te help.

Mediese kundiges het hierdie uitreik gefasiliteer. Dr. Adnan, dr. Noreen (Senior Ginekoloog) en ʼn laboratorium tegnikus, Farhad, het gehelp met basiese mediese ondersoeke en bloedtoetse vir algemene infeksies soos hepatitis, diabetes en ander verwante kwessies.

Tesame met gemeenskapsontwikkeling was die doel van hierdie uitreik om plaaslike inwoners, in hierdie omgewing, van basiese gesondheidsorg, gesondheidsinligting en kliniese toetsing te voorsien. Baie verskillende onderwerpe was bespreek, soos; oorsake van infeksies en voorkomende sorg, hoe om water te suiwer, diabetiese sorg, behandeling van asma en algemene higiëne.

As gevolg van die armoede in hierdie omgewing, was dit vir meeste van hierdie mense, die eerste behoorlike mediese behandeling wat hulle van gekwalifiseerde gesondheidswerkers ontvang het. Daar is berig dat alle deelnemers, insluitend die plaaslike distriksadministrasie en FEBA se luisteraars, hierdie inisiatief van FEBA Pakistan baie waardeer het. Hulle is opgewonde oor hoe FEBA se radio-programme en sosiale media-boodskappe na geestelike en sosiale groei in die gemeenskap lei.

Ons waardeer elkeen van ons toegewyde ondersteuners, soos u, wat FEBA Radio Suid-Afrika in staat gestel het om hierdie projek deur FEBA Pakistan te finansier. Ons loof die Here vir hierdie ongelooflike geleentheid om ʼn verskil in baie mense se lewens te maak. Ons bid ook dat FEBA Pakistan se bediening sal voortgaan om baie onbereikte mense met die hoop van Jesus Christus te bereik.

 

 


FEBA RADIO SA PARTNERS WITH FEBA PAKISTAN ON MEDICAL OUTREACH

On 20 August, a 1-day medical camp was hosted in Gujranwala province of Pakistan to provide health care awareness and free medical care to the impoverished local residents and FEBA Pakistan listeners in the area. Together with the Foster Science School and Way of Jesus Kingdom Youth Ministry in Gujranwala, FEBA Pakistan’s initiative was to attempt to uplift the local community. FEBA Pakistan also partnered with different NGO’s and other community groups who assisted with the activities on the day of the camp.

The medical camp was facilitated by medical experts; Dr Adnan, Dr Noreen (Senior Gynaecologist) and Lab Technician, Farhad. They assisted patients with basic medical check-ups and blood testing for common infections such as hepatitis, diabetes and other related issues.

The main purpose was to provide local residents in the area with basic healthcare, healthcare information and clinical testing. Among the various topics discussed was; causes of infections and preventative care, how to filter water, diabetes care, treatment of asthma and general hygiene.

Due to the poverty in the area, for most, this was the first ever proper medical check-up they received from qualified healthcare professionals. It was reported that all participants including the local district administration and FEBA’s listeners appreciated this initiative from FEBA Pakistan and admire the way their radio programs and social media messages have prompted spiritual and social growth in the community.

It is with great appreciation to our many committed supporters, like you, that we at FEBA Radio South Africa were able to help fund this project by FEBA Pakistan. We thank the Lord for this incredible opportunity to have been a part in making a difference in many people’s lives. We pray that FEBA Pakistan’s ministry will continue to prosper in order to reach more people with the hope of our Lord Jesus Christ.

 

 

Tags :
Share This :

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4