Jongmense in Kazakstan soek die waarheid in plaas daarvan om tradisies blindelings te volg. Baie kyk FEBA Kazakstan se video’s op sosiale media, kontak die span met vrae, en woon selfs byeenkomste by. Bid dat FEBA Kazakstan se inhoud jongmense sal wys dat die waarheid in God se Woord te vinde is.