Vandag is Franse Taaldag! FEBA saai Franse programme uit in Mali, Tsjad en Niger, waar die meerderheid van die bevolking Moslems is en geletterdheid meestal laag is. Bid vir God se seën op FEBA se spanne in hierdie lande en bid vir die nodige hulpbronne om meer mense toegang tot die Goeie Nuus te gee.