Event Details


Van hierdie maand af verleng FEBA Pakistan se daaglikse mediumgolfuitsendings van 30 na 60 minute! Die span werk ook aan ’n nuwe videoreeks, “Christelike Gesinslewe”, wat hopelik in April op YouTube sal begin uitsaai. FEBA Pakistan se opvolgwerkers het intussen hulle werk op alle uitsaaiplatforms uitgebrei om kontak te maak met mense wat na God soek en om nuwe luisteraars leiding te gee. Bid dat FEBA Pakistan se span veilig sal bly en dat hul nuwe programme oorvloedige vrug sal dra.