Bid vir FEBA se vennote wat die Goeie Nuus aan luisteraars uitsaai in Irak, waar Christene slegs 0.3% van die bevolking uitmaak. Irak FM saai meer as 20 programme (FEBA s’n inkluis) per week uit en ontvang sowat 50 oproepe per dag. Bid dat God die personeel sal bewaar en luisteraars se harte deur die uitsendings sal aanraak.