Prys God vir FEBA se groeiende bediening in Malawi! FEBA Malawi se uitsendings bereik die hele sentrale- en suidelike Malawi, met Yao-luisteraars in Tanzanië wat op die kortgolfuitsendings inskakel. Bid dat FEBA Malawi se span sterk in hul geloof sal bly en dat luisteraars ontvanklik sal wees vir die Goeie Nuus deur FEBA se programme.