Bid vir die leiers van FEBA Rusland en FEBA Oekraïne. In Rusland word die span deur die owerhede dopgehou en beboet, terwyl die span in Oekraïne te kampe het met die daaglikse realiteit van oorlog. Bid dat God die FEBA-leiers wysheid en krag sal gee om hul spanne veilig deur moeilike tye te lei.