FEBA Kazakstan hou seminare om vrae wat hulle tydens uitsendings ontvang, te bespreek. Baie deelnemers is Moslem en besprekings kan uitdagend raak. Bid dat die FEBA Kazakstan-span vol van die Heilige Gees sal wees wanneer hulle met luisteraars in gesprek tree, sodat elke woord mense nader aan Christus sal lei.