Bid vir FEBA Tsjad se direkteur, Ayata, en sy span. Hulle werk hard om die Goeie Nuus in N’Djamena se omgewing, waar Islam die oorheersende godsdiens is, te verkondig. Bid vir God se beskerming oor die radiostasie en personeel, en bid dat FEBA Tsjad se programme elke luisteraar na Hom toe sal bring.