KanuYah FM, FEBA se stasie in Mali, se gebedsprogramme het so ’n goeie reputasie dat selfs Moslems versoeke instuur! Siekes word genees en Moslems ontdek Christus as Verlosser. Bid dat God sal aanhou om M’Bimba, FEBA Mali se direkteur, en sy span as kragtige boodskappers van die Goeie Nuus te gebruik.