Die Mien is ’n etniese minderheidsgroep wat verspreid in die berge van Suidoos-Asië woon. Hulle beoefen sjamanisme en elke dorp het ’n sjamaan wat as brug tussen die menslike- en geesteswêrelde dien. Wanneer dié sjamane Christus aanneem, word hulle en hul gesinne deur hul gemeenskappe verstoot. FEBA ELSEA (Ethnic Languages of Southeast Asia) reis gereeld om sulke luisteraars te besoek vir gebed en bemoediging. Bid dat elke Mien-sjamaan die Goeie Nuus deur FEBA ELSEA se uitsendings sal hoor en dit met hul gemeenskap sal deel.