Die mense van Rusland en Oekraïne is fisies en emosioneel uitgeput deur die oorlog. Nietemin spoor dit hulle ook aan om Christus te soek. FEBA se spanne is altyd gereed om Hom met luisteraars te deel, want hulle weet dit is net Hy wat ewige vrede te midde van oorlog kan bring. Bid God se krag toe vir FEBA se spanne in Rusland en Oekraïne waar hulle voortgaan om in die geloof vrees te beveg, en bid God se genesing en vertroosting toe vir die personeel wat siekte of smart beleef.