Sommige FEBA-luisteraars is te bang om medegelowiges te ontmoet, omdat hulle gemeenskappe vyandig is teenoor Christenskap. Vandag herdenk die wêreld slagoffers wat geweld gely het weens hul godsdienstige oortuigings. Bid asseblief vir die FEBA-personeel en -luisteraars wat liggaamlike, verbale en sielkundige geweld ly vir hulle geloof.