FEBA saai uit in Mosambiek, Malawi, Tsjad, Mali, Niger en Soedan, waar geweld en armoede algemene verskynsels is. Die spanne in hierdie lande deel die Goeie Nuus deur radio-uitsendings en op praktiese wyse, deur na gehuggies te reis om radio’s en oudio-Bybels uit te deel, nuwe gelowiges te doop, en luisteraars te bemoedig. Bid dat FEBA Afrika se spanne nooit moeg sal word om góéd te doen nie. Vra ook dat luisteraars hul geloof in God sal plaas en daardie geloof met ander sal deel.