Mnr Suthep het ’n stryd gevoer teen dwelmverslawing en selfdoodgedagtes in ’n tronk in Thailand. Toe skryf hy in vir FEBA se Bybel-korrespondensiekursus en vind Christus. “Die kursus het my tot inkeer laat kom,” sê hy, “en God se Woord het my verander.” Studente ontvang gratis studiemateriaal wat hulle help om die Bybel met begrip te lees, en hulle kontak die FEBA Thailand-span om gedagtes te deel of vrae te vra. Bid dat elke wanhopige gevangene, hoop in Christus sal ontdek deur FEBA Thailand se bediening.