Japan het die afgelope jaar ’n rekordaantal selfdoodpogings en geestesgesondheidkwessies onder jongmense belewe. FEBA Japan brei sy bediening uit en lei jong personeel op om Christus deur media aan die jeug te bring. Bid vir God se leiding in dié taak en bid dat FEBA ’n lig in die donkerte sal skyn vir Japan se jeug.