Event Details


‘n FEBA Oekraïne-luisteraar, Elena, sê onlangs vir die span: “God straf ons seker. Selfs al kom hulle huis toe van die oorlog af, drink ons mans, broers en pa’s hulself dood. Ek het geen hoop meer dat hierdie oorlog ooit gaan eindig nie.” Soos die aanvalle op Oekraïne vererger, deel baie mense Elena se gevoel. Bid dat God die FEBA Oekraïne-span sal bewaar en versterk sodat hulle die Goeie Nuus van ewige vrede kan aanhou uitsaai en weer hoop in mense se harte kan aanwakker.