Event Details


Tajikistan is die kleinste staat in Sentraal-Asië en meer as 90% van sy bevolking beoefen Islam. Godsdiens word streng gereguleer en Christene mag nie hulle geloof persoonlik of op skrif deel nie. FEBA se aanbieders gebruik stemwisselaars om hul identiteit te verbloem wanneer hulle God se Woord in kort Bybelprogramme deel. Hulle het ook onlangs ’n tienerprogram op sosiale media begin. Bid vir God se beskerming en moed waar FEBA Tajikistan die evangelie verkondig en vra Hom om herlewing in die land te bring.