Bid vir FEBA Kazakstan se jeugbyeenkomste, waar jong Christene en nie-Christene bymekaar kom om speletjies te speel en mekaar te leer ken. Dit skep ’n milieu waar FEBA die evangelie op ’n spontane wyse kan deel. Bid dat talle jong nie-gelowige Kazakke die byeenkomste sal bywoon en hul harte vir Christus sal oopmaak.