Bid vir FEBA se opvolgwerkers in Indië en Pakistan. Ter wille van veiligheid kontak hulle luisteraars meestal aanlyn, waar hulle altyd gereed moet staan vir moeilike gesprekke. Bid vir meer vrywillers om opvolgwerk in hierdie lande te doen en vra dat hulle gereed sal wees om ’n verduideliking te gee vir die hoop wat in hulle leef.