Event Details


Indonesië het die grootste Moslembevolking in ’n enkele land en baie van hulle weet nie van Christenradio se bestaan nie. Nou het FEBA Indonesië ’n nuwe bediening deur sy “Outside Broadcasting (OB) van” van stapel gestuur, wat die evangelie na stadstrate en landelike gebiede toe neem. Die span voer onderhoude met mense op straat, raak betrokke by mense wat nog nie luisteraars is nie, en doen regstreekse uitsendings van byeenkomste soos Christelike konserte of feeste. Bid vir FEBA Indonesië se span waar hulle hierdie nuwe uitdaging aanpak en vra God vir ’n groot oes.