Reg oor die wêreld maak Generasie Z hul harte oop vir die evangelie – ook in Japan. Hoewel die ouer geslag moeilik bereikbaar bly, is die jonger geslag nuuskierig oor die evangelie. FEBA Japan wil dié geleentheid aangryp. Bid vir God se leiding waar hulle programme ontwikkel om Sy Woord met Gen Z in Japan te deel.