Het jy geweet? Meer as 3 miljard mense het die evangelie nog nie eers een keer gehoor nie. Daarenteen saai FEBA al vir die afgelope 79 jaar die Goeie Nuus deur radio-uitsendings uit na miljoene luisteraars. En deesdae is dit sosiale media wat deure oopmaak waar FEBA nie ’n uitsaailisensie kan bekom nie. Bid dat God FEBA-spanne wysheid, krag en kreatiwiteit sal gee om die evangelie op alle moontlike maniere aan die onbereiktes te bring. Vra dat Hy mense se harte op Sy Woord sal voorberei, sodat die saad wat FEBA saai, vrug sal dra.