“As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie” (Matteus 6:14-15 Afr83). Deur God se ontsaglike genade het Jesus gekom om ons te leer hoe om te vergewe. Bid dat FEBA-luisteraars God se liefde aan ander sigbaar sal maak deur vergifnis.